Salem, Massachusetts

Salem
Bynaam: The Witch City

Kaart Wapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Massachusetts
 Distrik (County) Essex (distrik)
 Koördinate 42°31′N 70°53′W / 42.517°N 70.883°W / 42.517; -70.883
 Stigting 1626
 Oppervlakte:  
 - Totaal 46,8 vk km
 - waarvan land 21,0 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 40 922
 - Bevolkingsdigtheid 1 948,7/vk km
 Tydsone UTC -5 | Somertyd: UTC -4
 Burgemeesteres Kimberley Driscoll
 Amptelike Webwerf salem.com

Salem [ˈseɪləm] is 'n stad in die noordooste van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts (Nieu-Engeland), sowat 26 kilometer noordoos van Boston, met 40 922 inwoners (2007). Die stad, wat in 1626 gestig is, was een van die vroegste Europese nedersettings in die huidige VSA en het tot by die 18de eeu tot 'n belangrike hawestad ontwikkel.

Salem het egter uitsonderlike bekendheid verwerf met die berugte hekseprosesse van die jaar 1692 en die Amerikaanse skrywer Nathaniel Hawthorne se roman House of the Seven Gables, wat in 1851 verskyn het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy